7 Al die mense wat oorgebly het van die Hittiete, Emoriete, P’riziete, Hiviete en Y’vusiete, wat nie van Yisra’el was nie,
8 van hulle seuns wat ná hulle oorgebly het in die land, wat die seuns van Yisra’el nie uitgewis het nie, dié het Shlomo arbeiders vir homself gemaak sowel as werkers en belastingpligtiges, tot vandag toe,
9 maar van die seuns van Yisra’el het Shlomo geen slawe gemaak in sy koninkryk nie, maar hulle was krygsmanne en bevelvoerders van sy strydwaens en sy perderuiters.
10 Hierdie was die goewerneurs en toesighouers van koning Shlomo, vyf honderd en vyftig, wat outoriteit oor die mense, wat die werk gedoen het, uitgevoer het.
11 Shlomo het die dogter van Farao uit die stad van Dawid gebring na die huis wat hy vir haar gebou het, want hy het gesê: “Geen vrou sal saam met my bly in die huis van Dawid, die koning van Yisra’el, nie, want die plek waarin die ark van יהוה gekom het, is afgesonderd.”
12 Toe het Shlomo brandoffers en vredesoffers aan יהוה gebring op die altaar van יהוה wat hy voor die stoep gebou het.
13 Volgens die voorskrifte van elke dag, het hy geoffer volgens die opdrag van Moshe, op die Shabbatte en op die nuwemane en op die vasgestelde feeste, drie maal per jaar, tydens die Fees van Ongesuurde brode, die Fees van Weke en op die Fees van Hutte.