1 Die woorde van `Amos, een van die skaapboere van T’koa, wat hy deur visioene aangaande Yisra’el in die dae van `Uziyah, koning van Y’hudah en in die dae van Yarov’am, seun van Y’ho’ash, koning van Yisra’el, twee jaar voor die aardbewing, gesien het.
2 Hy het gesê: “יהוה brul uit Tziyon en verhef Sy stem uit Yerushalayim en die herders se weivelde treur en die top van Karmel droog uit.”
3 So sê יהוה: “Oor drie oortredinge van Dammesek, oor vier, sal Ek dit nie herroep nie omdat hulle Gil’ad met skerp ysters gedors het.
4 Ek sal ’n vuur oor die huis van Haza’el stuur en dit sal die kastele van Ben-Hadad verteer.Yir 49:23-27 ballingskap gaan na Kir,” sê יהוה.
5 Ek sal ook die grendel van Dammesek breek en die inwoners uit die vallei van Aven en vir hom wat die septer dra uit Beit-`Eden afsny; so sal die volk van Aram in