1 Dit het יהוה-God my laat sien en let op, Hy het ’n sprinkaanswerm gevorm toe die lente-oes begin uitspruit en let op, die lente-oes was nadat die koning gemaai het.
2 Dit het gebeur, toe hulle klaar was om die gewasse van die land te eet, dat ek gesê het: “יהוה-God, spreek vry asseblief! Hoe kan Ya’akov staan, want hy is klein?”
3 יהוה het Sy gedagtes hieroor verander. “Dit sal nie gebeur nie,” het יהוה gesê.
4 Dit het יהוה-God my laat sien en let op, יהוה-God het geroep om met hulle in stryd te gaan deur vuur en dit het die groot ondergrondwater verteer en het begin om die landerye te verteer.
5 Toe het ek gesê: “יהוה-God, hou op asseblief! Hoe kan Ya’akov staan, want hy is klein?”
6 יהוה het Sy gedagtes hieroor verander. “Dit sal ook nie gebeur nie,” het יהוה-God gesê.
7 Dit het Hy my laat sien en let op, יהוה het by ’n loodregte muur gestaan met ’n skietlood in Sy hand.
8 יהוה het vir my gesê: “Wat sien jy, `Amos? Ek het geantwoord: “’n Skietlood.” Toe sê יהוה: “Let op, Ek is op die punt om ’n skietlood in die midde van My volk Yisra’el te sit. Ek sal hulle nie langer spaar nie.
9 Die hoë plekke van Yitz’gak sal verlate gemaak word en die afgesonderde plekke van Yisra’el verwoes word. Dan sal Ek teen die huis van Yarov’am opstaan met die swaard.”
10 Toe het Amatzyah, die priester van Beit-El, na Yarov’am, koning van Yisra’el, gestuur en gesê: “`Amos het teen u saamgesweer midde-in die huis van Yisra’el; die land kan nie al sy woorde uithou nie,
11 want so het `Amos gesê: ‘Yarov’am sal deur die swaard sterf en Yisra’el sal sekerlik vanaf sy land in ballingskap gaan.’”
12 Toe sê Amatzyah vir `Amos: “Gaan, siener, vlug weg na die land van Y’hudah, eet daar brood en profeteer daar,
13 maar moenie langer in Beit-El profeteer nie, want dit is ’n afgesonderde plek van die koning en ’n koninklike blyplek.”
14 Toe het `Amos Amatzyah geantwoord: “Ek is nie ’n profeet en ook nie die seun van ’n profeet nie, want ek is ’n veewagter en kweker van wildevyebome,
15 maar יהוה het my agter die kleinvee weggevat en יהוה het vir my gesê: ‘Gaan, profeteer vir My volk Yisra’el.’
16 Hoor en gee nou ag op die boodskap van יהוה! Jy sê: ‘Jy mag nie teen Yisra’el profeteer of teen die huis van Yitz’gak praat nie;’2 Kon 17
17 daarom, so sê יהוה: ‘Jou vrou sal ’n hoer word in die stad, jou seuns en jou dogters sal deur die swaard val, jou grond sal verdeel word met die meetlyn en jy self sal op onrein grond sterf. Meer nog, Yisra’el sal sekerlik vanaf sy land in ballingskap gaan.’”