2 Hy het gesê: “יהוה brul uit Tziyon en verhef Sy stem uit Yerushalayim en die herders se weivelde treur en die top van Karmel droog uit.”
3 So sê יהוה: “Oor drie oortredinge van Dammesek, oor vier, sal Ek dit nie herroep nie omdat hulle Gil’ad met skerp ysters gedors het.
4 Ek sal ’n vuur oor die huis van Haza’el stuur en dit sal die kastele van Ben-Hadad verteer.Yir 49:23-27 ballingskap gaan na Kir,” sê יהוה.
5 Ek sal ook die grendel van Dammesek breek en die inwoners uit die vallei van Aven en vir hom wat die septer dra uit Beit-`Eden afsny; so sal die volk van Aram in
6 So sê יהוה: “Oor drie oortredinge van `Azah, oor vier, sal Ek dit nie herroep nie omdat hulle ’n ganse bevolking in ballingskap weggevoer het om hulle aan Edom uit te lewer.
7 Ek sal ’n vuur stuur op die muur van `Azah en dit sal sy kastele verteer.
8 Ek sal ook die inwoners van Ashdod afsny en vir hom van Ashkelon wat die septer dra; Ek sal selfs My krag teen `Ekron vrystel en dié wat oorgebly het van die F’lishtyne sal omkom,” sê יהוה-God.