11 daarom, so sê יהוה-God: “’n Vyand, een wat die land omsingel, sal jou krag van jou af neerwerp en jou kastele sal geplunder word.”
12 So sê יהוה: “Net soos ’n herder ’n paar pote of ’n stukkie oor red uit die bek van ’n leeu, net so sal die seuns van Yisra’el wat in Shomron bly, saam met hulle wat in Dammesek bly, deur ’n staf wat skielik slaan, gered word.
13 Luister en getuig teen die huis van Ya’akov,” verklaar יהוה-God, die God van die leërmagte,
14 want op die dag wat Ek Yisra’el se oortredinge straf, sal Ek die altare van Beit-El straf; die horings van die altaar sal afgesny word en hulle sal op die grond val.
15 Ek sal ook die wintershuis saam met die somershuis tref; die huise van ivoor sal ook vergaan en die groot huise sal tot ’n einde kom,” verklaar יהוה.