5 Sal ’n voël in ’n net op die grond val as daar geen aas in is nie? Sal ’n wip van die grond af opspring wanneer dit niks gevang het nie?
6 As ’n ramshoring in die stad geblaas word, sal die mense nie bewe nie? As ’n katastrofe in die stad gebeur, het יהוה dit nie gedoen nie?”
7 Sekerlik doen יהוה-God niks tensy Hy Sy geheime raadsbesluit aan Sy diensknegte, die profete, openbaar het nie.
8 ’n Leeu het gebrul, wie sal nie vrees nie? יהוה-God het gepraat, wie kan nie anders as om te profeteer nie?
9 Verkondig oor die kastele in Ashdod en oor die kastele in die land van Mitzrayim en sê: “Maak julleself bymekaar op die berge van Shomron en sien die groot storms in haar midde en die onderdrukking in haar midde,
10 maar hulle weet nie hoe om te doen wat reg is nie, verklaar יהוה, hulle wat geweld en vernietiging ophoop in hulle kastele;”
11 daarom, so sê יהוה-God: “’n Vyand, een wat die land omsingel, sal jou krag van jou af neerwerp en jou kastele sal geplunder word.”