1 Luister en gee ag op hierdie boodskap, koeie van Bashan, wat op die berg van Shomron is, wat die armes onderdruk, die behoeftiges vergruis, wat vir hulle mans sê: “Bring nou sodat ons kan drink!”
2 יהוה-God het gesweer by Sy Afgesonderdheid: “Let op, die dae kom oor julle dat hulle julle met vleishake sal wegvat en die laastes van julle met vishoeke.
3 Elke vrou sal deur gapings in die muur uitgaan, elkeen reg voor haar en hulle sal na die berg van Armenië gegooi word,” verklaar יהוה-God.
4 “Gaan Beit-El binne en oortree; in Gilgal vermenigvuldig oortredinge! Bring elke oggend julle offers, julle tiendes elke drie dae.
5 Offer ook van wat gesuurd is ’n dankoffer en roep vrywillige offers uit, maak dit bekend, want julle hou daarvan om dit te doen, seuns van Yisra’el!” verklaar יהוהGod.