15 Haat boosheid, wees lief vir wat goed is
16 daarom, so sê יהוה, die God van die leërmagte: “Op al die pleine is daar ’n geweeklag en op al die strate sê hulle: ‘Ag tog, ag tog!’ Hulle roep ook die boer tot rou en die beroepsklaers tot treurliedere.
17 Daar is ook ’n geweeklaag in al die wingerde omdat Ek in jou midde sal deurgaan,” sê יהוה.1 Thes 5:2
18 Ag tog, julle wat na die dag van יהוה verlang, want watter doel sal die dag van יהוה vir julle hê? Dit sal duisternis wees en nie lig nie;
19 soos wanneer ’n man vlug vir ’n leeu en ’n beer loop hom raak; of huis toe gaan, teen die muur leun met sy hand en ’n slang byt hom!
20 Sal die dag van יהוה nie duisternis wees in plaas van lig nie, selfs donkerte sonder helderheid daarin?
21 “Ek haat, Ek verwerp julle feeste en het ook geen vreugde in julle ernstige byeenkomste nie.