24 maar laat die regverdige oordeel afrol soos water en onpartydige opregtheid soos ’n ewig vloeiende stroom.
25 Het julle offers en graanoffers tot My gebring in die wildernis vir veertig jaar lank, o huis van Yisra’el?Hand 7:43
26 Julle het ook vir Sikkut, julle koning en Kiyun, julle beelde, die ster van julle gode, wat julle vir julleself gemaak het, gedra;
27 daarom sal Ek julle anderkant Dammesek in ballingskap laat gaan,” sê יהוה, wie se Naam God van die leërmagte is.