3 want so sê יהוה-God: “Die stad wat met ’n duisend sterk uitgaan, sal ’n honderd oor hê en die een wat met ’n honderd uitgaan, sal tien oor hê vir die huis van Yisra’el,”
4 want so sê יהוה aan die huis van Yisra’el: “Soek My sodat julle kan leef,
5 maar neem nie jou toevlug tot Beit-El en kom nie na Gilgal of gaan oor na Be’erSh’va nie, want Gilgal sal sekerlik in ballingskap gaan en Beit-El sal in moeilikheid kom.
6 Soek יהוה sodat julle kan lewe, of Hy sal uitbreek soos ’n vuur in die huis van Yosef en Beit-El verteer en daar sal niemand wees om dit te blus nie,
7 vir hulle wat regverdige oordeel in wilde-als verander en onpartydige opregtheid teen die grond gooi!”
8 Hy wat die Sewester en Orion gemaak het en die diep duisternis na oggend verander, wat ook die dag verdonker na nag, wat uitroep na die waters van die see en dit uitgooi oor die oppervlakte van die aarde, יהוה is Sy Naam (Karakter en Outoriteit)!
9 Dit is Hy wat die swakke laat heers oor die sterke en die nederige oplig bo die trotse!