5 maar neem nie jou toevlug tot Beit-El en kom nie na Gilgal of gaan oor na Be’erSh’va nie, want Gilgal sal sekerlik in ballingskap gaan en Beit-El sal in moeilikheid kom.
6 Soek יהוה sodat julle kan lewe, of Hy sal uitbreek soos ’n vuur in die huis van Yosef en Beit-El verteer en daar sal niemand wees om dit te blus nie,
7 vir hulle wat regverdige oordeel in wilde-als verander en onpartydige opregtheid teen die grond gooi!”
8 Hy wat die Sewester en Orion gemaak het en die diep duisternis na oggend verander, wat ook die dag verdonker na nag, wat uitroep na die waters van die see en dit uitgooi oor die oppervlakte van die aarde, יהוה is Sy Naam (Karakter en Outoriteit)!
9 Dit is Hy wat die swakke laat heers oor die sterke en die nederige oplig bo die trotse!
10 Hulle haat hom wat in die poort bestraf en hulle verafsku hom wat met integriteit praat;
11 daarom, omdat julle ’n swaar rente op die arme lê en van hulle ’n heffing van graan vat, het julle huise van goed gekapte klippe gebou, tog sal julle nie daarin woon nie; julle het aangename wingerde geplant, tog sal julle die wyn daarvan nie drink nie,