1 Wee die gerustes in Tziyon en die wat veilig voel op die berg van Shomron, die vooraanstaandes van die voorstes van die nasies, na wie die huis van Yisra’el kom!
2 Gaan oor na Kalneh en kyk, gaan vandaar na Hamat, die grote, gaan dan af na Gat van die F’lishtyne! Is hulle beter as hierdie koninkryke, of is hulle grondgebied groter as julle s’n?
3 Julle wat wag op die dag van onheil en die Shabbat van boosheid laat nader kom;
4 hulle wat op beddens van ivoor lê, hulleself oorgee aan plesiere op hulle rusbanke en die vetgemaakte lammers van die kleinvee en die kalwers uit die stal eet,
5 wat sing by die klank van die harp, hulleself bekwaam beskou met musiekinstrumente soos Dawid,
6 wat suiwer wyn drink en hulleself met die beste soorte olie salf, maar hulle is gevoelloos oor die vernietiging van Yosef;