1 Ek het יהוה langs die altaar sien staan en Hy het gesê: “Slaan die pilaarkoppe sodat die drumpels skud en breek hulle op die koppe van almal! Dan sal Ek die wat van hulle oorbly met die swaard neerslaan: daar sal geen voortvlugtige uit hulle wees wat ontvlug of ’n vlugteling wat ontsnap nie.
2 Al grawe hulle in Sh’ol in, My hand sal hulle daaruit haal en al gaan hulle op na die hemel, Ek sal hulle van daar af afbring.
3 Al kruip hulle weg op die top van Karmel, Ek sal hulle daar opspoor en van daar af wegvat en al verberg hulle hul voor My oë op die bodem van die see, Ek sal die slang van daar af beveel en dit sal hulle byt.
4 Al gaan hulle as gevangenes voor hulle vyande uit, Ek sal van daar af die swaard beveel om hulle dood te maak en Ek sal My oog teen hulle rig ten kwade en nie ten goede nie.”
5 Sê יהוה, God van die leërmagte, die Een wat die aarde aanraak en dit skud en almal wat daarop woon treur en dit rys op soos ’n vloed dit opsweep en sak weg soos die Nyl van Mitzrayim.
6 Die Een wat sy solders in die hemele bou en Sy koepel oor die aarde vestig; Hy wat die waters van die see roep en dit uitgiet op die oppervlak van die aarde, יהוה is Sy Naam (Karakter en Outoriteit)!
7 “Is julle nie vir My soos die seuns van Kush nie, o seuns van Yisra’el?” verklaar יהוה. “Het Ek Yisra’el nie gebring uit die land van Mitzrayim en die F’lishtyne uit Kaftor en die Arameërs uit Kir nie?