5 Sê יהוה, God van die leërmagte, die Een wat die aarde aanraak en dit skud en almal wat daarop woon treur en dit rys op soos ’n vloed dit opsweep en sak weg soos die Nyl van Mitzrayim.
6 Die Een wat sy solders in die hemele bou en Sy koepel oor die aarde vestig; Hy wat die waters van die see roep en dit uitgiet op die oppervlak van die aarde, יהוה is Sy Naam (Karakter en Outoriteit)!
7 “Is julle nie vir My soos die seuns van Kush nie, o seuns van Yisra’el?” verklaar יהוה. “Het Ek Yisra’el nie gebring uit die land van Mitzrayim en die F’lishtyne uit Kaftor en die Arameërs uit Kir nie?
8 Let op, die oë van יהוה-God is op die sondige koninkryk en Ek sal dit van die oppervlak van die aarde af vernietig; nogtans sal Ek nie die huis van Ya’akov volkome vernietig nie,” verklaar יהוה,Luk 22:31
9 “want let op, Ek beveel en Ek sal die huis van Yisra’el onder al die nasies skud soos in ’n sif geskud word, maar daar sal nie ’n korrel op die grond val nie.
10 Al die sondaars van My volk sal deur die swaard sterf; die wat sê: ‘Die katastrofe sal ons nie inhaal of konfronteer nie.Hand 15:16
11 In daardie dag sal Ek die vervalle hut van Dawid oplig en sy krake toebou; Ek sal ook sy puinhope oplig en dit herbou soos in die ou tyd