8 Let op, die oë van יהוה-God is op die sondige koninkryk en Ek sal dit van die oppervlak van die aarde af vernietig; nogtans sal Ek nie die huis van Ya’akov volkome vernietig nie,” verklaar יהוה,Luk 22:31
9 “want let op, Ek beveel en Ek sal die huis van Yisra’el onder al die nasies skud soos in ’n sif geskud word, maar daar sal nie ’n korrel op die grond val nie.
10 Al die sondaars van My volk sal deur die swaard sterf; die wat sê: ‘Die katastrofe sal ons nie inhaal of konfronteer nie.Hand 15:16
11 In daardie dag sal Ek die vervalle hut van Dawid oplig en sy krake toebou; Ek sal ook sy puinhope oplig en dit herbou soos in die ou tyd
12 dat hulle dit wat van Edom oorgebly het en al die nasies wat volgens My Naam (Karakter en Outoriteit) geroep is, kan besit” verklaar יהוה, wat dit doen.
13 “Let op, die dae kom,” verklaar יהוה, “wanneer die ploeër die maaier sal inhaal en die druiwetrapper die een wat die saad saai; wanneer die berge van nuwe wyn sal drup en al die heuwels hulle verbly.
14 Ek sal ook My volk Yisra’el uit gevangeskap herstel en hulle sal die verwoeste stede herbou en daarin bly; hulle sal ook wingerde plant en die wyn daarvan drink en tuine aanlê en die vrugte daarvan eet.