67 hulle kamele, vier honderd vyf en dertig; hulle donkies, ses duisend sewe honderd en twintig.
68 Sommige van die hoofde van die vaders het, toe hulle by die huis van יהוה kom wat in Yerushalayim is, hulle vrywillig beskikbaar gestel vir die huis van God, om dit weer op te rig op sy plek.
69 Hulle het volgens hulle vermoë gegee vir die befondsing van die werk: een en sestig duisend drams (0,6 ton) goud, vyf duisend manim (net meer as 3 ton) silwer en ’n honderd kledingstukke vir die priesters.
70 So het dan die priesters, die Leviete, sommige van die volk, die sangers, die poortwagters, die tempelknegte en hulle wat in die stede woon na hulle plekke teruggekeer en die hele Yisra’el na hulle stede.