1 Toe hierdie dinge afgehandel is, het die oudstes na my toe gekom en gesê: “Die volk van Yisra’el, die priesters en die Leviete het hulle nie afgesonder van die volke van die lande nie en gedoen volgens hulle verwerplikhede; selfs van die Kena’aniete, Hittiete, P’riziete, Y’vusiete, `Ammoniete, Mo’aviete, Mitzrayiete en Emoriete,Yeg 44:22
2 want hulle het van húlle dogters vir hulself en vir hul seuns gevat sodat die afgesonderde saad hom vermeng het met die volke van die lande en die hande van die oudstes en die Leviete was eerste in hierdie oortreding.
3 Toe ek dit hoor, het ek my klere en my bo-kleed geskeur en die hare uit my kop en my baard uitgepluk en sprakeloos gaan sit.
4 Toe het almal wat ywerig toegewyd was aangaande die boodskap van die God van Yisra’el, as gevolg van die oortredinge van die ballinge, by my bymekaargekom en ek het sprakeloos gesit tot die negende uur (die aandoffer) toe.
5 Op die negende uur het ek opgestaan uit my smart en met my kleed en my bo-kleed geskeur, het ek op my knieë neergeval en my hande uitgesprei in gebed voor יהוה, my God
6 en gesê: “O, my God, ons voel te beskaamd om ons gesigte op te lig na U, ons God, want ons oortredinge is vermenigvuldig oor ons koppe en ons groot sondes het selfs tot by die hemele gekom.
7 Sedert die dae van ons vaders tot vandag toe is ons in ’n groot skuld, want ons het meer sondes gedoen, beide ons, ons vaders, ons konings en ons priesters; daarom is ons oorgegee aan die swaard, tot buit, aan gevangeskap en aan verwarring van gesig en in die hande van die konings van die lande en in die hande van ons vyande, soos dit vandag is.
8 Nou, vir ’n klein rukkie is onverdiende guns van יהוה, ons God, gewys om aan ons oorgeblewenes te laat en aan ons ’n plek in Sy afgesonderde land te gee sodat ons God ons oë kan verhelder en aan ons ’n bietjie verligting gee in ons slawerny,
9 want ons is slawe; tog het ons God ons nie in die steek gelaat in ons slawerny nie, maar Hy het ons onverdiende guns laat vind in die oë van die konings van Perse en vir ons gesorg vandag, om die huis van ons God op te rig en sy puinhope te herstel en ons ’n veilige plek te gee in Y’hudah en in Yerushalayim.
10 Ons God, wat sal ons nou na al hierdie dinge sê? Want ons het U opdragte verlaat,
11 wat U ons beveel het deur U diensknegte, die profete deur te sê: ‘Die land waar julle ingaan om dit in besit te neem, is ’n onrein land weens die onreinheid van die volke van die lande, met hulle verwerplikhede waarmee hulle dit van die een end tot die ander volgemaak het en met hulle verwerplike dade;Lev 18:25-27; Deut 7:3
12 daarom, moenie julle dogters aan hulle seuns gee nie en vat nie hulle dogters vir julle seuns nie en soek vir ewig ook nie hulle vrede of voorspoed nie sodat julle onveranderlik sterk kan wees en die goeie van die land kan eet en dit aan julle seuns as erfenis kan laat vir ewig.
13 Ná al hierdie dinge wat oor ons gekom het vanweë ons bose dade en vir ons groot sondes, het U, ons God, steeds ten doel gehad om ons sondes te vergewe en aan ons oorgeblewenes in die wêreld te gee
14 en tog was ons pervers en het U opdragte verbreek en ons met hierdie vuil volke verbind en volgens hulle werke gedoen, maar U is goedgunstig. Wees nie kwaad vir ons nie, maar vergewe ons sondes voor U oë, want U gee liefdevol om. Laat vir ons oorblywendes in die wêreld, want daar is niemand soos U nie sodat ons nie sal sterf nie.
15 O, יהוה, God van Yisra’el, U is regverdig, want U het ’n oorblyfsel van ons gespaar, soos dit vandag is. Let op, ons staan en erken ons sondes voor U, want ons het geen woorde om voor U te praat as gevolg hiervan nie.”