1 Toe die sewende maand aanbreek en die seuns van Yisra’el in hulle stede was, het die volk soos een man in Yerushalayim bymekaargekom.Yeg 43:19;44:15; 1 Kro 6:14,15 met sy broers, die priesters en Z’rubavel, die seun van Sh’alti’el,Z’kh 4:6-10; Mat 1:12 met sy broers, opgestaan en die altaar van die God van Yisra’el gebou om brandoffers op te offer soos dit geskryf staan in die wet van Moshe, die profeet van God.
2 Toe het Yeshua, die seun van Yotzadak,
3 Hulle het die altaar op sy basis opgerig omdat vrees oor hulle was vir die mense wat in die stede gebly het en hulle het brandoffers tot יהוה daarop geoffer, brandoffers in die oggend en in die aandYeg 43:18-27
4 en hulle het die Sukkot (Huttefees) gehou soos geskryf staan en die daaglikse brandoffers volgens die getal gebring, volgens die instelling, volgens die daaglikse vereiste;
5 daarna die voortdurende brandoffer, beide van die Nuwemane en van al die feeste van יהוה wat afgesonder is en van elkeen wat aan יהוה ’n vrywillige offer gebring het.
6 Vanaf die eerste dag van die sewende maand het hulle begin om brandoffers aan יהוה te offer, maar die fondament van die tempel van יהוה was nog nie gelê nie.
7 Hulle het geld gegee aan die klipkappers en die skrynwerkers en aan die manne van Tzidon en Tzor het hulle kos, drank en olie gegee om sederhout per see vanaf die L’vanon te bring, na Yafo, volgens die toegewing van Koresh, koning van Perse, aan hulle.