`Ezra 3:8-13 PWL

8 In die tweede jaar van hulle aankoms by die huis van God in Yerushalayim, in die tweede maand, het Z’rubavel, die seun van Sh’alti’el en Yeshua, die seun van Yotzadak, die res van hulle broers, die priesters en die Leviete en almal wat uit die gevangeskap na Yerushalayim gekom het, begin om die Leviete van twintig jaar oud en ouer aan te stel om toesig te hou oor die werk aan die huis van יהוה in die dag.

9 Toe het Yeshua, met sy seuns en sy broers, Kadmi’el met sy seuns en die seuns van Y’hudah, saam opgestaan soos een man, om die werk aan die huis van יהוה te doen; asook die seuns van Henadad, hulle seuns en hulle broers, die Leviete.

10 Toe die bouers die fondamente van die gebou van die tempel van יהוה gelê het, het die priesters in hulle ampsdrag, met ramshorings en die Leviete, die seuns van Asaf, met groot ramshorings opgestel om יהוה helder en duidelik te prys volgens die instelling van Dawid, koning van Yisra’el.

11 Hulle het in eenheid saam gesing met lofprysing en danksegging aan יהוה, want Hy is goed, want Sy omgee teenoor Yisra’el duur vir ewig! Die hele volk het uitgeroep met ’n harde geskreeu toe hulle יהוה geloof het omdat die fondament van die huis van יהוה gelê is,

12 maar baie van die priesters, die Leviete en die hoofde van die vaders, van die oues wat die eerste tempel in sy lof gesien het, het hardop gehuil toe die fondament van hierdie huis voor hulle oë gelê is terwyl baie hulle stemme verhef het met ramshorings en vreugde

13 sodat die volk nie die geluid van ramshorings kon onderskei van die gehuil van die mense nie, want die volk het ramshorings geblaas met ’n harde geblaas en die gehuil is ver gehoor.