8 Regum, die kanselier en Shimshai, die skrywer, het ’n brief geskryf teen Yerushalayim aan Artag’shashtra, die koning, volgens die gewoonte.
9 Toe skryf Regum, die kanselier en Shimshai, die skrywer en hulle bondgenote, die Dinaïete, die Afarsat’khiete, die Tarp’liete, die Afarsiete, die Ark’wiete, die Baveloniërs, die Shushan’khiete, die Dehayiete, die `Eilamiete2 Kon 17:24-26
10 en die ander nasies wat die groot en beroemde Osnappar weggevoer en in die stede van Shomron gevestig het en die ander wat aan hierdie kant van die Eufraat is, in daardie tyd.
11 Hierdie is ’n afskrif van die brief wat hulle aan hom gestuur het, aan koning Artag’shashtra: “U diensknegte, die manne wes van die Eufraat, as volg:
12 laat dit aan die koning bekend wees dat die Y’hudahiete wat van u af na ons opgetrek het, in Yerushalayim aangekom het en dat hulle die rebelse en bose stad bou. Die mure is voltooi en die fondasies gegrawe.
13 Laat dit nou aan die koning bekend wees dat, as hierdie stad gebou en die mure voltooi is, u geen belasting, opbrengs of tol sal ontvang nie en u die inkomste van die konings in gevaar sal stel.
14 Aangesien ons nou die sout van die paleis geëet het en dit ons nie pas om die oneer van die koning te aanskou nie, stuur ons en laat die koning weet