1 Toe het die profete, Haggai en Z’kharyah, die seun van `Iddo, vir die Y’hudahiete, wat in Y’hudah en Yerushalayim was, aangaande hulle geprofeteer in die Karakter en Outoriteit (Naam) van die God van Yisra’el.
2 Toe het Z’rubavel, die seun van Sh’alti’el en Yeshua, die seun van Yotzadak, opgestaan en begin om die huis van God, wat in Yerushalayim is, te bou en saam met hulle was die profete van God wat hulle gehelp het.
3 In daardie tyd het Tattenai, die kanselier wes van die Eufraat en Sh’tar-Boznai en hulle bondgenote na hulle gekom en só vir hulle en die res van die mense gesê: “Wie het aan julle die bevel gegee om hierdie huis te bou en hierdie muur op te rig?”
4 Toe het hulle met hul gepraat volgens die wet en gesê: “Wat is die name van die manne wat hierdie bouwerk doen?”