7 hulle het aan hom ’n brief gestuur waarin so geskryf is: “Aan Daryavesh, die koning, alle vrede, voorspoed, vergenoegdheid, gesondheid en vreugde!
8 Laat dit aan die koning bekend wees dat ons na die provinsie Y’hudah, na die stad van die groot God, gegaan het wat met groot klippe gebou word en baie hout word in die mure gelê; ’n groot werk word daar gedoen en die groot werk is voorspoedig in hulle hande.
9 Toe het ons daardie oudstes gevra en só vir hulle gesê: ‘Wie het aan julle die bevel gegee om hierdie huis te bou en hierdie muur op te rig?’
10 Ons het ook vir hulle hul name gevra dat ons u kan inlig en dat ons die name van die manne wat hul leiers is, kan skryf.
11 Dit is die antwoord wat hulle ons gegee het: ‘Ons is diensknegte van die God van die hemel en aarde en hierdie huis wat ons bou is baie jare gelede gebou en is voltooi deur ’n koning van Yisra’el en sy prinse,
12 maar omdat ons vaders die God van die hemel getart het tot woede, het Hy hulle oorgegee in die hand van N’vukadnetzar, koning van die Kasdeërs, wat hierdie huis vernietig en die volk na Bavel weggevoer het.
13 In die eerste jaar van Koresh, koning van Perse, het Koresh egter ’n bevel gegee dat hierdie huis van God herbou moet word.