14 Die Y’hudahiete het die werk gedoen en hulle was voorspoedig deur die profesieë van Haggai, die profeet en Z’kharyah, die seun van `Iddo en hulle het gebou en dit voltooi volgens die bevel van die God van Yisra’el en op bevel van Koresh, Daryavesh en Artag’shashta, konings van Perse.
15 Hierdie huis was klaar op die derde dag van die maand Adar (12de maand), in die sesde jaar van die regering van koning Daryavesh.
16 Die seuns van Yisra’el, die priesters, die Leviete en die ander seuns van Y’hudah, het die inwyding van hierdie huis van God met vreugde gevier.
17 Hulle het by die inwyding van hierdie huis van God een honderd bulle, twee honderd ramme, vier honderd lammers en twaalf bokramme as sondoffer vir die hele Yisra’el geoffer, volgens die aantal stamme van Yisra’el.
18 Hulle het die priesters in hulle afdelings aangestel en die Leviete volgens hulle afdelings, oor die diens van die huis van God, wat in Yerushalayim is, soos dit geskryf is in die die boek van die wet, van Moshe.
19 Die ballinge het die Pesag gehou op die veertiende dag van die eerste maand,
20 want die priesters en die Leviete het hulle soos een man gereinig, almal was rein en hulle het die lammers op die Pesagdag geslag vir al die mense van die ballingskap en vir hulle broers, die priesters en vir hulleself.