11 Hierdie is die afskrif van die brief wat koning Artag’shashta gegee het aan `Ezra, die priester en skrifgeleerde van die woorde, die opdragte en instellings van יהוה aan die hele Yisra’el:
12 “Artag’shashta, koning van die konings, aan die priester `Ezra, skrifgeleerde in die wet van die God van die hemel, alle vrede, voorspoed, vergenoegdheid, gesondheid en vreugde!
13 Ek het ’n bevel uitgevaardig en ’n reëling gemaak dat enige een van die volk van Yisra’el, sy priesters en Leviete, in my koninkryk, wat begeer om saam met jou op te gaan na Yerushalayim, mag gaan.
14 Meer nog, ek het ’n bevel uitgevaardig en ’n reëling gemaak en sommige van my vriende gestuur om navraag te doen na die welstand van Y’hudah en Yerushalayim en om ook navraag te doen aangaande die wet van jou God wat in jou hand is
15 en om die koning se silwer en goud weg te bring wat ek vrywillig gegee het vir die huis van God, Wie se blyplek in Yerushalayim is
16 en al die silwer en goud wat in al die provinsies van Bavel te vinde is, sal saam met jou gaan en die priesters en die Leviete en almal wat saam met jou wil gaan, mag gaan na die huis van God, wat in Yerushalayim is.
17 Jy moet met hierdie geld wyslik bulle, ramme en lammers, saam met hulle graanoffers en drankoffers, wat daarby saamgaan, koop en dit op die altaar van julle God, wat in Yerushalayim is, offer