15 Ek het hulle bymekaar laat kom by die rivier wat na Ahawa loop en ons het drie dae daar gekamp en ek het gekyk na die volk en die priesters, maar geen van die seuns van Levi gekry nie;
16 daarom het ek vir Eli’ezer, Ari’el, Sh’ma’yah, Elnatan, Yariv, Eliatan, Natan, Z’kharyah en Meshullam, die leiers en vir Yoyariv en Eliatan, manne met insig, geroep
17 en hulle bevel gegee om na `Iddo, die hoof van die plek Kasifya, te gaan en ek het vir hulle gesê wat om vir `Iddo en vir sy broers, wat by Kasifya kamp, te sê, dat hulle vir ons bedienaars vir die huis van ons God moes bring.
18 Omdat die goeie guns van ons God oor ons was, het hulle vir ons ’n man van insig gebring vanuit die nageslag van Magli, die seun van Levi, die seun van Yisra’el, Sherevyah met sy seuns en sy broers, twaalf
19 en Hashavyah en saam met hom Yesha’yah, van die seuns van M’rari, sy broers en hulle seuns, twintig
20 en ook van die manne wat Dawid aangestel het vir die diens van die Leviete (wat afgesonderd was), twee honderd en twintig en almal is by hulle name uitgeken.
21 Toe het ek hulle geroep en ’n vastyd uitgeroep by die rivier Ahawa, om ons te verneder voor ons God, om ’n regte pad vir ons te vind en vir ons families en al ons goed,