21 Toe het ek hulle geroep en ’n vastyd uitgeroep by die rivier Ahawa, om ons te verneder voor ons God, om ’n regte pad vir ons te vind en vir ons families en al ons goed,
22 want ek was skaam om van die koning ’n leër en perderuiters te vra om ons te help teen vyande op die pad omdat ons met die koning gepraat en gesê het: “Die hand van ons God is met almal wat Hom ten goede soek, maar Sy krag en Sy woede is oor almal wat Hom verlaat.”
23 Ons het gevas en dit van ons God gevra en Hy het na ons geluister.
24 Toe het ek twaalf van die oudstes van die priesters gekies: Sherevyah, Hashavyah en tien van hulle broers saam met hulle
25 en vir hulle die silwer en die goud en die voorwerpe afgeweeg, selfs die geskenke aan die huis van ons God, wat die koning, sy edeles, sy prinse en die hele Yisra’el daar teenwoordig, geskenk het.
26 Ek het in hulle hand afgetel: een honderd en vyftig talente silwer en silwer voorwerpe van ’n honderd talente en voorwerpe van goud, een honderd talente,
27 twintig goue bekers van duisend darieke (10kg) en mooi voorwerpe van Korinthe koper, kosbaar soos goud.