23 Ons het gevas en dit van ons God gevra en Hy het na ons geluister.
24 Toe het ek twaalf van die oudstes van die priesters gekies: Sherevyah, Hashavyah en tien van hulle broers saam met hulle
25 en vir hulle die silwer en die goud en die voorwerpe afgeweeg, selfs die geskenke aan die huis van ons God, wat die koning, sy edeles, sy prinse en die hele Yisra’el daar teenwoordig, geskenk het.
26 Ek het in hulle hand afgetel: een honderd en vyftig talente silwer en silwer voorwerpe van ’n honderd talente en voorwerpe van goud, een honderd talente,
27 twintig goue bekers van duisend darieke (10kg) en mooi voorwerpe van Korinthe koper, kosbaar soos goud.
28 Ek het vir hulle gesê: “Julle is afgesonder tot יהוה en ook die voorwerpe is afgesonder en die silwer en die goud is ’n vrywillige geskenk aan יהוה, die God van julle vaders.
29 Wees versigtig en bewaak hulle totdat julle dit oorhandig in die teenwoordigheid van die leiers van die priesters, die Leviete en die leiers van die families van Yisra’el in Yerushalayim, in die kamers van die huis van יהוה.”