28 Ek het vir hulle gesê: “Julle is afgesonder tot יהוה en ook die voorwerpe is afgesonder en die silwer en die goud is ’n vrywillige geskenk aan יהוה, die God van julle vaders.
29 Wees versigtig en bewaak hulle totdat julle dit oorhandig in die teenwoordigheid van die leiers van die priesters, die Leviete en die leiers van die families van Yisra’el in Yerushalayim, in die kamers van die huis van יהוה.”
30 Die priesters en die Leviete het dit op hulleself geneem om die silwer, die goud en die voorwerpe per gewig af te lewer en hulle na Yerushalayim, na die huis van ons God, te bring.
31 Daarna het ons weggegaan van die rivier Ahawa af op die twaalfde dag van die eerste maand, om na Yerushalayim te gaan en die hand van ons God was op ons en Hy het ons bevry uit die hand van ons vyande en van hulle wat langs die pad lê en wag
32 en ons het in Yerushalayim aangekom en drie dae daar gebly.
33 Op die vierde dag het ons die silwer, die goud en die voorwerpe in die huis van ons God afgeweeg en dit oorhandig aan M’remot, die seun van Uriyah, die priester en saam met hom was El’azar, die seun van Pingas en by hulle Yozavad, die seun van Yeshua en No’adyah, die seun van Binui, die Leviete,
34 volgens getal en gewig van alles en die gewig van alles is op daardie tyd opgeskryf.