Havakkuk 1 PWL

1 Die profetiese visioen wat Havakkuk, die profeet, gesien het:

2 Hoe lank, o יהוה, sal ek om hulp roep en U hoor nie? Ek roep uit tot U: “Geweld!” Tog red U nie.

3 Waarom laat U my onregverdigheid sien en laat my kyk na boosheid? Ja, verwoesting en geweld is voor my; daar is stryd en twis styg op;

4 daarom word die wet geïgnoreer en die regverdige oordeel word nooit toegepas nie, want die bose omsingel die regverdige; daarom kom die reg verdraaid uit.Hand 13:41

5 “Kyk na die nasies! Neem waar! Wees verstom, verbaas, want Ek doen iets in julle dae wat julle nie sou glo as dit vertel word nie,

6 want let op, Ek hef die Kasdeërs op, daardie woeste en voortvarende volk wat oral oor die aarde marsjeer om blyplekke te vat wat nie hulle s’n is nie.

7 Hulle is verskriklik en gevreesd; hulle oordeel en outoriteit kom uit hulleself.

8 Hulle perde is vinniger as luiperds en yweriger as wolwe in die aand. Hulle ruiters kom op ’n galop, hulle kom van ver; hulle vlieg soos ’n arend wat afduik om te verslind.

9 Hulle kom almal vir geweld. Hulle hordes van gesigte kom vorentoe, hulle versamel gevangenes soos sand.

10 Hulle dryf die spot met konings; heersers is vir hom ’n lagwekkendheid. Hulle lag vir elke vesting en hoop grond op om dit in te neem,

11 dan gly hulle deur soos die wind en gaan verder, maar hulle sal skuldig bevind word, hulle wie se krag hulle god is.”

12 Is U dan nie van ewig af nie, o יהוה, my God, my Afgesonderde Een? Ons sal nie sterf nie. U, יהוה, het hulle aangestel om te oordeel en U, o Rots, het hulle daar gestel om te korrigeer.

13 U oë is te rein om boosheid goed te keur en U kan nie met aanvaarding kyk na boosheid nie. Waarom kyk U met aanvaarding na hulle wat verraderlik optree? Hoekom is U stil wanneer die bose dié verslind wat regverdiger is as hulle?

14 Hoekom maak U mense soos die visse van die see, soos kruipende gediertes sonder ’n heerser oor hulle?

15 Hulle trek hulle almal op met ’n hoek, sleep hulle weg in hul net en maak hulle bymekaar in hul visnet; daarom swaai hulle in die rondte van vreugde en is bly;

16 daarom offer hulle ’n offer aan hul net en brand wierook vir hul visnet omdat hulle vangs groot is deur hierdie dinge en hulle kos oorvloedig.

17 Sal hulle daarom hul net uitskud en voortdurend nasies doodmaak sonder om te spaar?

hoofstukke

1 2 3