1 ’n Gebed van Havakkuk, die profeet, volgens Shigiyonot (’n vurige loflied):
2 יהוה, ek het die verslag aangaande U gehoor en ek vrees! O, יהוה, laat herleef U werk te midde van die jare; te midde van die jare, maak dit bekend; in toorn, onthou onverdiende guns.
3 God kom van Teman en die Afgesonderde Een vanaf die berg Pa’ran. Sy grootsheid bedek die hemele en die aarde is vol van Sy lofprysing.
4 Sy glans is soos die sonlig; Hy het strale vanuit Sy hand en daar is die bedekking van Sy krag.