4 Sy glans is soos die sonlig; Hy het strale vanuit Sy hand en daar is die bedekking van Sy krag.
5 Voor Hom gaan die pes uit en ’n plaag kom agter Hom aan.
6 Hy het gaan staan en die aarde opgemeet; Hy het gekyk en die nasies verskrik. Ja, die ewige berge is verpletter, die antieke heuwels inmekaar geval. Sy paaie is ewigdurend.
7 Ek het die tente van Kushan onder benoudheid gesien, die tentdoeke van die land van Midyan het gebewe.
8 Was יהוה toornig teen die riviere, of was U woede teen die riviere, of was U toorn teen die see dat U op U perde gery het, op U strydwaens van verlossing?
9 U boog is ontbloot, die stawwe van tugtiging is besweer. U het die aarde gekloof met riviere.
10 Die berge het U gesien en het gebewe; die neerslag van water het verbygespoel. Die ondergrondse waters verhef sy stem, dit steek sy hande hoog op.