10 Die onderdrukker het sy hand uitgesteek na al haar kosbaarhede, want ek het gesien dat die ander nasies U afgesonderde plek onteer, van wie U bevel gegee het dat hulle nie in U vergadering mag kom nie.
11 Al haar mense sug, hulle soek brood; hulle het al hul kosbaarhede vir kos gegee, om hulle lewe te verlig. Kyk, יהוה en sien, ek word verag.
12 Is dit vir julle niks nie, julle almal wat verbygaan? Verstaan en kyk of daar ’n pyn is soos my pyn, wat יהוה vir my uitgedeel het, want יהוה het my geteister op die dag van Sy vreeslike woede.
13 Van bo af het Hy vuur gestuur in my gebeente en dit het my verneder; Hy het ’n net vir my voete uitgesprei en my laat terugdraai, Hy het my aan die swaard oorgegee en ek is die hele dag lank ellendig.
14 My sonde het vergelding op my afgebring, Sy juk is met Sy hande op my nek vasgebind, my krag faal. יהוה het my oorgegee in die hande van hulle voor wie ek nie kan staande bly nie.
15 יהוה het al my magtiges binne-in my onderwerp, Hy het ’n vergadering teen my uitgeroep om my jongmanne te vernietig; יהוה het die maagd van Y’hudah soos in ’n parskuip getrap.
16 Oor hierdie dinge huil ek, my oog loop in trane, want die Vertrooster wat my lewe moet verkwik, is ver van my; my seuns is verlate omdat die vyand oorwin.