1 יהוה, onthou wat oor ons gekom het, let op en sien ons bespotting.
2 Ons erfenis is aan vreemdes oorgedra, ons huise aan buitelanders.
3 Ons het wese en vaderloos geword, ons moeders is soos weduwees.
4 Ons het ons water gedrink vir geld, ons hout word aan ons verkoop.
5 Ons nekke is onder jukke; ons werk en het geen rus nie.
6 Die Mitzrayiete het ’n helpende hand gegee en ons het na Ashur gekyk om brood te voorsien.
7 Ons vaders het gesondig en is nie meer nie en óns het hulle oortredinge gedra.
8 Diensknegte heers oor ons, daar is niemand om ons uit hulle hand te bevry nie.
9 Ons kry ons brood in lewensgevaar, as gevolg van die swaard in die wildernis.
10 Ons vel is ingekrimp asof in ’n oond gebrand, as gevolg van die lyding in hongersnood.
11 Vroue word onteer in Tziyon, maagde in die stede van Y’hudah.
12 Prinse word aan hulle hande opgehang, die gesigte van die grysaards word nie geëer nie.
13 Jongmanne draai die meul en die jeug struikel onder vragte hout.
14 Die oudstes het opgehou om in die poort te wees, die jongmanne met hulle instrumentale musiek.
15 Die vreugde van ons verstand, wil en emosie het opgehou, ons danse het in rou verander.
16 Die kroon het van ons kop afgeval; wee ons, want ons het gesondig.
17 Oor hierdie dinge het ons verstand, wil en emosie flou geword, oor hierdie dinge is ons oë dof
18 omdat die berg Tziyon verlate is, die jakkalse loop daarop,
19 maar U, יהוה, hou aan vir ewig, U troon is van geslag tot geslag;
20 daarom, vergeet ons nie vir altyd nie en verlaat ons nie vir so ’n lang tyd nie.
21 Bring ons terug na U toe, o יהוה en ons sal herstel word; vernuwe ons dae soos vroeër,
22 want U het ons heeltemal verwerp, U was uitermate kwaad vir ons.