15 יהוה het al my magtiges binne-in my onderwerp, Hy het ’n vergadering teen my uitgeroep om my jongmanne te vernietig; יהוה het die maagd van Y’hudah soos in ’n parskuip getrap.
16 Oor hierdie dinge huil ek, my oog loop in trane, want die Vertrooster wat my lewe moet verkwik, is ver van my; my seuns is verlate omdat die vyand oorwin.
17 Tziyon steek haar hande uit en daar is niemand om haar te troos nie; יהוה het opdrag gegee teen Ya’akov en sy onderdrukkers is rondom hom; Yerushalayim het veragtelik geword in hulle midde.
18 יהוה is regverdig en ek het teen Hom rebelleer. Hoor, al julle volke en sien my smart; my maagde en my jongmanne is weg in gevangeskap.
19 Ek het geroep na hulle wat my liefhet, maar hulle het my mislei; my priesters en my oudstes het in die stad gesterf; hulle het kos gesoek om hul lewe te verlig en niks gekry nie.
20 Let op, o יהוה, ek is benoud, my lewe is in die moeilikheid, my binneste het pyn, want ek het ernstig gerebelleer; buitekant verteer die swaard en hulle wat in die huis is, word deur die dood verslind.Yeg 25-39
21 Hulle het gehoor dat ek sug, daar is niemand om te vertroos nie; al my vyande het van my onheil gehoor, hulle is bly dat U dit gedoen het. Verhaas die dag wat U aangekondig het, die vyand sal word soos ek.