2 Bitterlik huil sy snags en haar trane hardloop oor haar wange! Uit al haar liefdes het sy niemand om haar te troos nie, al haar vriende het bedrieglik teenoor haar opgetree, hulle het haar vyande geword.
3 Y’hudah het in ballingskap gegaan, in ellende en slawerny; sy dwaal tussen die nasies, vind geen rus nie; al haar vervolgers haal haar in te midde van verdrukkings.
4 Die paaie na Tziyon treur omdat niemand na die vasgestelde feeste kom nie; al haar poorte is verlate, haar priesters sug, haar maagde word verneder en sy is bitter.
5 Haar onderdrukkers het haar heersers geword en haar teëstanders het ’n einde aan haar gemaak, want יהוה het haar laat ly weens die menigte van haar sondes; haar kinders het in ballingskap gegaan voor die teëstander
6 en al die glans en grootheid het gewyk van die dogter van Tziyon af; haar prinse het geword soos bokke wat geen weiveld vind nie en is kragteloos weg voor die vervolger.
7 In haar tyd van onderdrukking en straf onthou Yerushalayim al die aangename dinge wat sy in die ou dae gehad het. Toe haar volk in die hande van die onderdrukker geval het en sy niemand gehad het om haar te help nie, het die onderdrukker haar gesien en gespot met haar verwoesting.Yeg 39:23,24
8 Yerushalayim het ernstig gesondig; daarom het sy verwerplik geword; almal wat haar geëer het, het haar verag omdat hulle haar kaalheid gesien het; ja, sy sug en draai om.