5 Haar onderdrukkers het haar heersers geword en haar teëstanders het ’n einde aan haar gemaak, want יהוה het haar laat ly weens die menigte van haar sondes; haar kinders het in ballingskap gegaan voor die teëstander
6 en al die glans en grootheid het gewyk van die dogter van Tziyon af; haar prinse het geword soos bokke wat geen weiveld vind nie en is kragteloos weg voor die vervolger.
7 In haar tyd van onderdrukking en straf onthou Yerushalayim al die aangename dinge wat sy in die ou dae gehad het. Toe haar volk in die hande van die onderdrukker geval het en sy niemand gehad het om haar te help nie, het die onderdrukker haar gesien en gespot met haar verwoesting.Yeg 39:23,24
8 Yerushalayim het ernstig gesondig; daarom het sy verwerplik geword; almal wat haar geëer het, het haar verag omdat hulle haar kaalheid gesien het; ja, sy sug en draai om.
9 Haar onreinheid is in haar rokke, sy het nie aan haar einde gedink nie en daarom is haar eer en lof laag, sy het geen vertrooster nie. O, יהוה, sien my ellende, want die vyand het hom vergroot.Deut 23:3,4; 2 Kon 25; Yir 52; Yeg 24:21
10 Die onderdrukker het sy hand uitgesteek na al haar kosbaarhede, want ek het gesien dat die ander nasies U afgesonderde plek onteer, van wie U bevel gegee het dat hulle nie in U vergadering mag kom nie.
11 Al haar mense sug, hulle soek brood; hulle het al hul kosbaarhede vir kos gegee, om hulle lewe te verlig. Kyk, יהוה en sien, ek word verag.