6 Hy het my soos ’n dooie vir ewig in donker plekke laat bly.
7 Hy het my toegemuur sodat ek nie kan ontsnap nie, my ketting swaar gemaak.
8 Alhoewel ek smeek en bid, luister Hy nie na my gebed nie.
9 Hy het my lewenspad met dorings ingekamp, my paaie krom gemaak.
10 Hy was vir my soos ’n wolf wat lê en wag, soos ’n leeu in wegkruipplekke.
11 Hy het my paaie krom gemaak en my in stukke gesny, my verlate gemaak.
12 Hy het sy boog gespan en my as ’n teiken vir die pyl opgestel.Iyov 16:13