1 Hoe word die fyn goud verwerp, hoe word die lieflike kleure verdof, die stene van die Afgesonderde Plek word op elke straathoek weggegooi!
2 Die kosbare seuns van Tziyon, wat beter is as kosbare stene, hoe word hulle gereken soos erdekruike, die werk van die hande van die pottebakker.
3 Die vroue ontbloot hulle borste en, soos jakkalse, gee hul aan die kleintjies om te suig; die dogters van my volk het geword soos wonde wat nie kan genees nie en soos volstruise in die wildernis.
4 Die tong van die suigeling kleef aan sy verhemelte vas van die dors, kindertjies vra brood, maar niemand breek dit en gee vir hulle nie.
5 Hulle wat lekkernye geëet het, is eensaam op die strate; hulle wat groot gemaak is in skarlaken, slaap op mishope,
6 want die oortredinge van die dogter van my volk was groter as die sonde van S’dom, wat soos in ’n oomblik omvergewerp is, sonder dat iemand die hand daaraan geslaan het.