6 want die oortredinge van die dogter van my volk was groter as die sonde van S’dom, wat soos in ’n oomblik omvergewerp is, sonder dat iemand die hand daaraan geslaan het.
7 Haar Natzireërs was reiner as sneeu, witter as melk, hulle wange rooier as robyne en hulle vorm mooier as saffier.
8 Nou is hulle voorkoms egter swarter as houtskool, hulle word nie herken op die strate nie; hulle vel is verrimpeld aan hul gebeente, dit het opgedroog en soos ’n stok geword.
9 Dié wat deur die swaard neergeslaan is, is gelukkiger as die wat deur die honger neergeslaan is, want hulle kwyn weg, soos gewondes wat in die veld gegooi word.Deut 28:53; 2 Kon 6:28-30
10 Die hande van vroue wat omgee, het hulle eie kinders gekook; dit was hulle kos in die verwoesting van die dogter van my volk.
11 יהוה het Sy toorn voltooi, Hy het Sy vreeslike woede uitgestort en ’n vuur in Tziyon aan die brand gesteek wat haar fondasies verteer het.
12 Die konings van die aarde en al die inwoners van die wêreld het dit nie geglo dat ’n vyand of onderdrukker die poorte van Yerushalayim sou binnegaan nie.Yeg 39:21-24