11 Julle mag nie steel nie, julle mag nie vals handel of vir mekaar lieg nie.
12 Julle mag nie valslik by My Naam (Karakter en Outoriteit) sweer en so die Naam (Karakter en Outoriteit) van jou God onrein maak nie. Ek is יהוה.
13 Jy mag jou naaste nie afpers of beroof nie. Die huurling se loon mag nie by jou bly tot die oggend toe nie.Ya’a 5:4
14 Jy mag ’n dowe nie vloek nie en voor die blinde geen struikelblok lê nie,Rom 14:13 maar jy moet jou God respekvol vrees. Ek is יהוה.
15 Julle mag geen onregverdigheid doen in die oordele nie. Jy mag nie partydig wees vir die armes nie en die magtige nie eer nie. Met onpartydige opregtheid moet jy oor jou naaste oordeel.
16 Jy mag nie as ’n storiedraer onder jou volksgenote rondloop nie. Jy mag nie teen die lewe van jou naaste optree nie. Ek is יהוה.
17 Jy mag nie jou broer in jou verstand, wil en emosie haat nie. Jy moet jou naaste vrymoedig berispe sodat jy nie om sy ontwil sonde op jou laai nie.