10 Wat oorbly van die graanoffer, is vir Aharon en sy seuns. Van die offers wat met vuur tot יהוה gebring word, is dit ’n mees afgesonderde ding.
11 Geen graanoffer wat julle tot יהוה bring, mag van suurdeeg gemaak word nie, want jy mag géén suurdeeg of heuning in rook tot יהוה laat opgaan en brand in ’n offer van vuur nie.
12 Julle mag dit as ’n offer van eerstelinge tot יהוה bring, maar dit mag nie op die altaar as ’n aangename geur gebrand word nie.
13 Jy moet al jou graanoffers egter met sout voorberei en jy mag die sout van die verbond van jou God nie laat ontbreek by jou graanoffer nie. Jy moet sout saam met al jou offers offer.
14 As jy ’n graanoffer van eerstelinge tot יהוה bring, moet jy groen are wat oor die vuur gebraai is, graan uitgeslaan van vol are, as ’n graanoffer van jou eerstelinge offer.
15 Jy moet olie daarop gooi en wierook daarop sit; dit is ’n graanoffer.
16 Die priester moet die herdenkingsgedeelte daarvan in rook laat opgaan, ’n deel van die uitgeslaande graan en van die olie met al die wierook, as ’n offer van vuur tot יהוה.