1 Die profetiese visioen oor Ninveh. Die boekrol van die visioen van Nagum, die Elkoshiet.
2 ’n Jaloerse en wrekende God is יהוה; יהוה is wrekend en toornig. יהוה neem wraak op Sy teëstanders en Hy sit toorn eenkant vir Sy vyande.
3 יהוה is stadig om kwaad te word en groot van krag en יהוה sal nooit die bose vryspreek nie. יהוה se pad is in die warrelwind en storm en wolke is die stof onder Sy voete.
4 Hy bestraf die see en maak dit droog; Hy droog al die riviere op. Bashan en Karmel kwyn weg en die bloeisels van L’vanon verwelk.
5 Die berge skud in Sy Teenwoordigheid en die heuwels breek los. Die aarde bewe in Sy Teenwoordigheid, ja, die wêreld en almal wat daarin woon.