1 (2:2) Die een wat verwoes, het teen jou opgekom. Beman die vesting, hou die pad dop; versterk jou rug, maak al jou sterkte bymekaar,
2 (2:3) want יהוה sal die lof en eer van Ya’akov herstel soos die lof en eer van Yisra’el, alhoewel verwoesters hulle verwoes en hulle wingerde vernietig het.
3 (2:4) Die skilde van sy magtige manne is rooi, die soldate is aangetrek in skarlaken, die strydwaens is in skitterende staal wanneer hy gereed is en die sipresspiese word geswaai.
4 (2:5) Die strydwaens jaag wild in die strate, hulle snel wild voort oor die pleine; hulle voorkoms is soos fakkels, hulle skiet heen en weer soos weerligstrale.
5 (2:6) Hy onthou sy vername manne; hulle struikel in hul mars; hulle hardloop na haar muur en die skerm word opgerig.
6 (2:7) Die poorte van die stede word oopgemaak en die paleis smelt weg.
7 (2:8) Dit is bevestig: sy word gestroop, sy word weggevoer en haar slavinne kla soos die klank van duiwe, slanend op hulle borste.
8 (2:9) Alhoewel Ninveh soos ’n poel water was regdeur haar dae, nou vlug hulle: “Stop, stop,” maar niemand draai terug nie.
9 (2:10) Plunder die silwer! Plunder die goud, want daar is geen einde aan die skatte nie; rykdom van elke soort begeerlike voorwerp!
10 (2:11) Sy is leeg gemaak! Ja, sy is verlate en verwoes! Binnestes smelt en knieë klap, angs is in die hele liggaam en al die gesigte word bleek!
11 (2:12) Waar is die lêplek van die leeus en die voedingsplek van die jong leeus, waar die leeu, die leeuin en die welpies rondgeloop het met niks wat hulle steur nie?
12 (2:13) Die leeu het genoeg vir sy kleintjies verskeur, genoeg vir sy leeuinne doodgemaak en sy lêplekke met prooi gevul en sy blyplekke met verskeurde vleis.
13 (2:14) “Let op, Ek is teen jou,” verklaar יהוה-Tzva’ot. “Ek sal jou strydwaens in rook laat opgaan, ’n swaard sal jou jong leeus verslind; Ek sal jou prooi afsny van die land af en die stem van jou boodskappers sal nie meer gehoor word nie.”