10 Wie ook al praat en sê: “Kyk, dit is nuut,” moet weet dat dit reeds was in die geslagte voor ons.
11 Daar is geen nagedagtenis van vorige geslagte nie en daar sal ook nie herinneringe wees van geslagte wat kom by hulle wat daarná kom nie.
12 Ek, die prediker, is koning oor Yisra’el in Yerushalayim.
13 Ek het met my verstand, wil en emosie, met wysheid alles ondersoek wat onder die hemel gedoen word; om daarmee besig te wees is ’n moeilike taak wat God aan die mensekinders gegee het.
14 Ek het al die werke gesien wat onder die son gedoen word en kyk, dit was alles waardeloos en ’n ergernis van gees.
15 Die chaotiese kan nie ordelik gemaak word nie en hy wat kennis ontbreek, kan nie voorsien word nie.
16 Ek het met myself gepraat en gesê: “Let op, ek het groot geword en meer wysheid bekom as almal wat voor my in Yerushalayim was. Ja, my verstand het baie ondervinding van wysheid en kennis.