9 Dit wat was, is dit wat sal wees en dit wat gedoen is, is dit wat gedoen sal word en daar is niks nuuts onder die son nie.
10 Wie ook al praat en sê: “Kyk, dit is nuut,” moet weet dat dit reeds was in die geslagte voor ons.
11 Daar is geen nagedagtenis van vorige geslagte nie en daar sal ook nie herinneringe wees van geslagte wat kom by hulle wat daarná kom nie.
12 Ek, die prediker, is koning oor Yisra’el in Yerushalayim.
13 Ek het met my verstand, wil en emosie, met wysheid alles ondersoek wat onder die hemel gedoen word; om daarmee besig te wees is ’n moeilike taak wat God aan die mensekinders gegee het.
14 Ek het al die werke gesien wat onder die son gedoen word en kyk, dit was alles waardeloos en ’n ergernis van gees.
15 Die chaotiese kan nie ordelik gemaak word nie en hy wat kennis ontbreek, kan nie voorsien word nie.