12 Ek het rondgekyk om na wysheid, malligheid en dwaasheid op te let, want wie is die man wat die koning kan oordeel, veral teenoor Hom wat hom gemaak het?
13 Toe het ek gesien dat die wysheid uitstyg bo die dwaasheid soos die lig uitstyg bo die duisternis.
14 Die wyse het sy oë in sy kop, maar die dwaas loop rond in duisternis en ek het self gesien dat een ongeluk met hulle almal gebeur.
15 Toe het ek in myself gesê: “Die ongeluk van die dwaas sal my ook tref; hoekom was ek dan meer wys?” Toe sê ek vir myself: “Ook dit is waardeloos.”
16 Die dwaas praat oppervlakkig, maar die wyse word nie vir ewig méér onthou as die dwase nie, aangesien wat nou is, in die dae wat kom vergete sal wees en net soos die wyse sterf, net so die dwaas!
17 Ek het daarom die lewe gehaat, want die werk wat onder die son gedoen word, is pynlik vir my, want alles is waardeloos en ’n ergernis van gees.
18 Ja, ek het al my harde werk gehaat wat ek onder die son gedoen het, want ek moet dit los vir die man wat ná my kom