2 daarom het ek die dooies wat reeds gesterf het, geprys bo die lewendes wat nog lewe,
3 maar hy wat nog nie gebore is nie, is beter daaraan toe as albei van hulle, want hy het nie die bose werke gesien wat onder die son gedoen word nie.
4 Toe het ek gesien dat al die harde werk en dade suksesvol is omdat een meer ywerig is as sy buurman. Ook dit is waardeloos en ’n ergernis van gees.Spr 24:30-34
5 Die dwaas vou sy hande saam en ly honger.
6 Een handvol met rustigheid is beter as altwee hande vol met moeite en ergernis van gees.
7 Toe het ek omgedraai en weer waardeloosheid gesien onder die son:
8 wanneer daar maar een man is, sonder ’n tweede en hy het geen seun of broer nie, is daar geen einde aan al sy werk nie. Sy oë word ook nie bevredig deur rykdom nie en hy sê ook nie: “Vir wie werk ek en ontneem my lewe van die goeie nie?” Ook dit is waardeloos en ’n vreeslike ergernis van gees.