16 en ook dit is ’n erge boosheid, want net soos hy gekom het, so sal hy gaan en watter voordeel het hy wat hard gewerk het, vir wind?
17 Hy eet ook al sy dae in duisternis, in baie woede en toorn, in rou en in siekte.
18 Dit is wat ek, die prediker, gesien het: dit is goed en toepaslik vir een om te eet en te drink en die goeie van al sy harde werk, waarvoor hy al die dae van sy lewe, wat יהוה hom gee onder die son, werk, te geniet, want dit is sy deel.
19 יהוה het ook aan elke mens rykdom en skatte gegee en die vermoë om daarvan te eet, sy deel te vat en hom te verheug in sy harde werk; dit is die geskenk van God,
20 want hy sal nie meer die dae van sy lewe onthou nie, want God sal hom besig hou met die vreugde van sy verstand, wil en emosie.