4 want hy kom in met waardeloosheid en gaan in duisternis in en sy naam sal in duisternis bedek wees.
5 Meer nog, hy het nie die son gesien of enige iets geken nie, tog het hierdie een meer rus as die ander;
6 ja, al lewe hy ook twee maal duisend jaar en het tog geen goeie gesien nie; gaan almal nie na een plek toe nie?
7 Al die harde werk van ’n man is vir sy mond en tog word sy honger nie bevredig nie.
8 Watter voordeel het die wyse man oor die dwaas. Weet die arm man hoe om deur die lewe te gaan?
9 Die aanskouing met die oë is beter as die geswerf van die begeerte. Ook dit is waardeloos en ’n ergernis van die gees.
10 Dit wat vroeër was, is reeds genoem en die natuur van die mens is bekend en hy kan nie die oordeel betwis teen Hom wat sterker is as hy nie.