9 Die aanskouing met die oë is beter as die geswerf van die begeerte. Ook dit is waardeloos en ’n ergernis van die gees.
10 Dit wat vroeër was, is reeds genoem en die natuur van die mens is bekend en hy kan nie die oordeel betwis teen Hom wat sterker is as hy nie.
11 Aangesien daar baie dinge is wat waardeloosheid vermeerder, watter voordeel het die mens?
12 Want wie weet wat goed is vir die mens in die lewe gedurende die getal dae van sy waardelose lewe wat hy soos ’n skaduwee deurbring? Want wie verklaar aan die mens wat ná hom onder die son sal wees?